• Category: Leisure - Books and Movies - Fiction Books
  • Condition: Used
  • Region: Gauteng - Johannesburg
  • Posted: 1 week ago
  • Ad Type: Business

Joost En Amor Agter Die Skerms Gavin Prins.

R 100 For Sale

Joost En Amor - Agter Die Skerms - Gavin Prins.

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was ’n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie “Posh en Becks” bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en ’n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat ’n skokberig oor ’n seksvideo op die voorblad van ’n plaaslike Sondagkoerant verskyn het …

In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en ’n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe ’n eenvoudige plaasseun wat ’n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het – en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het ’n sekere mate van bevryding meegebring – totdat ’n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het …

Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.

• Tweedehandse boek.
• Sagteband.
• Afrikaans.
• 22 CM.
• 208 Bladsye.
072 501 3890view more.
• REF: 1290.

• Hierdie boek sal afgehaal word sodra dit verkoop is.

  • Category: Leisure - Books and Movies - Fiction Books
  • Condition: Used
  • Region: Gauteng - Johannesburg
  • Posted: 1 week ago
  • Ad Type: Business
Feedback